Dit lyk asof sommige versamelaars meen hierdie soort kuns is tog hul geld werd. Die veilingshuis Christie’s in New York het in Oktober 2018 hul eerste slimkuns vir $432 500 (R5,7 miljoen) opgeveil.
Dié skildery, getiteld Edmond de Belamy, “is nie die produk van ’n menslike brein nie”, het Christie’s gesê. “Dit is geskep deur kunsmatige intelligensie – deur ’n algoritme wat deur ’n algebraïese formule gedefinieer is.”
Die Paryse kunstenaars Hugo Caselles-Dupré, Pierre Fautrel en Gauthier Vernier het dit wel nie self geskilder nie, maar dit tog op ’n manier geskep deur duisende portrette vir die program te voer en die program die estetika van portrette te “leer”. Edmond de Belamy was die resultaat van hul werk.
EKSTRA BRONNE: AMERICANSCIENTIST.ORG, THEVERGE.COM, COSMOPOLITAN.COM, CREATIVEBLOQ.COM, MIDJOURNEY.COM, GIZMODO.COM, NYTIMES.COM, THEGUARDIAN.COM, AXIOS.COM, COLAB.RESEARCH.COM,…
