AS JY die hoof is van ’n monargie ryk aan ge-skiedenis, tradisie en geld, het jy so te sê ’n skatkis van juweliers-ware tot jou beskik-king.
Haar Majesteit ko-ningin Elizabeth II se verstommende versameling, waaruit sy op verskeie fa-ses van haar lang, roemryke loopbaan kon kies en keur, het 40 tiaras, 34 paar oorbelle, 98 borsspelde, 14 horlosies en 37 armbande ingesluit.
Hier is ’n kykie na van die stukke wat oor vele dekades ’n groot rol gespeel het om haar haar klerekas en voorkoms aan te vul.
DIE OOSTERSE SIRKELTIARA
Hierdie tiara is besonder betekenisvol, want dit is die duurste van die Britse koninklike familie se juweliersware. Konin-gin Victoria se man, prins Albert, het dit vir haar ontwerp met die Oos-Indiese Kompan-jie se tentoonstelling by Die Groot Uitstal-ling van…
