Oordrewe ouerskap sê eintlik meer oor die ouer, het ’n studie deur die Vereniging vir Kinderontwikkelingsnavorsing in Washington, DC, getoon. Daaruit blyk ouers wat hul eiewaarde aan hul kinders se prestasies meet, het self ’n swak selfbeeld. Volgens die studie ervaar dié ouers hartseer en is hulle ontevrede met die lewe.
Tilda waarsku: ‘‘Net so belangrik as wat gesonde betrokkenheid en belangstelling in jou kind se ontwikkeling is, net so skadelik kan oorbetrokkenheid en oordrewe ouerskap wees.
“Ouers behoort hul kinders só groot te maak dat hulle geleidelik onafhanklik word, hul eie identiteit kry en hul potensiaal optimaal ontwikkel.’’’
DIE NADELE
’n Oorbeskermde kind kan nie in sy portuurgroep leiding neem nie, kies jonger maats en tree jonger as sy ouderdom op, word maklik deur maats beïnvloed, is passief, wil…
