JONAS BROTHERS KRY HUL STER
Hulle het ver gevorder sedert hulle naam gemaak het as varsgesigtienersangers. Nou, 18 jaar later, is KEVIN (35), JOE (33) en NICK JONAS (30) met ’n ster op die Hollywood Walk of Fame vereer.
Die broers en hul gesinne was by die bekendstelling, maar ’n klein sterretjie het die kollig gesteel. Nick en sy vrou, PRIYANKA CHOPRA (40), se eenjarige dogter, MALTI MARIE, het tot groot genot van aanhangers haar debuut op die rooitapyt gemaak. Kevin se vrou, DANIELLE (36), en hul twee dogters, ALENA (9) en VALENTINA (6), en Joe se vrou, SOPHIE TURNER (26), het ook die oomblik gevier.
HET OLIVIA EN JASON DIE STRYDBYL BEGRAWE?
Hul toesigstryd lê nog voor, maar dit lyk asof OLIVIA WILDE (38) en JASON SUDEIKIS (47) vir hul kinders,…