Haar debuutenkelsnit, “Duisend jaar van nou”, het oornag van haar ’n ster gemaak. Nou is die sangeres Jaid River (Jeanlie Minnie) se debuutalbum, Verlanger, pas uitgereik – en daarmee saam die tweede enkelsnit, “Stad van verlange”.
Dié snit, baie soos die album, is ’n soort emosionele verkenning van die herinneringe, mense, drome en woorde waaraan ons vasklou. “Elke liedjie wat ek skryf en uitreik, vertel ’n stukkie van my eie storie,” sê sy. “Om dit met mense te deel is vir my ongelooflik spesiaal.”
“Duisend jaar van nou” het haar drie Afri-Indie-benoemings besorg.
“Ek dink ons almal wil eindelik net weet ons is nie alleen in die dinge wat ons voel nie, wat dit ook al is,” sê sy. “Ons almal hunker ons lewe lank na iets, maar hierdie album…
