TOE Elton John vyf jaar gelede aank on dig sy toerloopbaan is verby, was sy aanhangers se harte gebreek.
Maar al die trane was toe verniet – of minstens te vroeg – want die musieklegende het darem nie oornag net verdwyn nie.
Inteendeel, hy groet al vyf jaar lank, en sy Farewell Yellow Brick Road-afskeidstoer duur steeds voort.
Hy het al daarmee in Ierland, Nederland, Noorweë, Finland, Australië, Kanada, Amerika en Engeland opgetree.
Daar was ’n paar kinkels langs die pad, soos ’n stilstand gedurende die pandemie en ’n vertraging in 2021 toe hy “ongemaklik op ’n harde oppervlak” geval en sy heup seergemaak het.
Maar Elton het daarna weer op sy bus geklim en toer binnekort voort na Duitsland, België, Frankryk en Switserland voor sy reis eindelik in Julie…
