EENPAN-ROOM-FRIKKADELLE
GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / STAAN: 30 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.
Geïnspireer deur tradisionele Sweedse trooskos. Die sous vir dié frikkadelle word in dieselfde pan gemaak waarin die frikkadelle gebraai word. Dit verseker ’n geurige en dekadente roomsous.
◗ 15 ml (1 e) olie + ekstra vir braai◗ 1 ui, fyngekap◗ 1 knoffelhuisie, fyngerasper (opsioneel)◗ 150 g beesmaalvleis◗ 150 g varkmaalvleis◗ 2,5 ml (½ t) fyn wonderpeper (allspice)◗ 2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat◗ 2,5 ml (½ t) witpeper◗ sout, na smaak◗ 1 eier, geklits◗ 1 x Weet-Bix-stafie, fyngekrummel
SOUS
◗ 15 ml (1 e) botter◗ 30 ml (2 e) meel◗ 125 ml (½ k) beesvleisaftreksel + ekstra indien nodig◗ 125 ml (½ k) room◗ fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
AFRONDING
◗ vars pietersielie◗…
