JY HET waarskynlik al gehoor van die Mediterreense dieet, of eerder die Mediterreense eetwyse. Dit word gereeld voorgehou as ’n goeie leefstyl om te volg – en dis nie net lekker nie, maar het ook gesondheidsvoordele.
Kenners sê dis goed vir jou hart, cholesterol en brein.
Die eetplan word gekenmerk deur baie vrugte, groente, neute, veselryke grane, ’n matige hoeveelheid vis en hoender, en min rooivleis.
Olyfolie is die groot ster – dit verlaag jou cholesterol, bevat antioksidante, verminder inflammasie en kan beskerming teen hartsiektes en kanker help bied.
Nog een van die eetwyse se geheime?
Om kos goed te geur. “Kruie en speserye laat nie net gesonde kos lekker smaak nie, dit bevat ook antioksidante wat help om die liggaam te beskerm,” sê Dianne Ivison, ’n dieetkundige van Panorama…