OM TEEN TREINE TE SKREE
Saamgestel deur TANYA VIVIERS
Best Books, R249*
Om teen treine te skree bevat 11 nuwe dramas wat wissel van komedies tot tragedies. Dis ideaal vir hoërskoolleerders wat graag ’n opvoering op die planke wil bring of ’n stuk vir ’n kunswedstryd wil voorberei. Die verhooginkleding, klank en beligting word deeglik beskryf sodat enige amateur die toneeltekste as verhoogstukke sal kan gebruik, verduidelik die samesteller van die bundel, Tanya Viviers.
Sy vertel: “Die titelteks deur Kanya Viljoen, wat heel laaste in die bundel verskyn, raak ’n baie sensitiewe onderwerp aan, naamlik hoe die stuur van ongewenste aanlyn boodskappe noodlottige gevolge kan hê.
“Ek was aangenaam verras met Fanie Viljoen se ‘Wag-’n-bietjie-bus’, wat dui op elke mens se wag op uitkoms. So ook met Deidré Jantjies se…
