VLUGTIGE olies, of “essential oils” soos dit op verpakking verskyn, word deur homeopate en aromaterapeute voorgeskryf vir ’n groot verskeidenheid kwale wat wissel van spanning en angs tot slaap-en spysverteringsprobleme.
Die olies is gekonsentreerd en word van ’n rits plante, soos laventel en peperment, verkry. Dit vang die spesifieke plant se reuk en geur, oftewel die essensie daarvan, vas.
“Vlugtige olies raak ál hoe gewilder,” sê Jana Mostert, ’n homeopaat van Johannesburg. “Daar is deesdae baie meer olies van hoë gehalte wat vrylik beskikbaar is, en anders as jare terug, is dit 100% natuurlik.”
HOE WERK DIT?
Sommige plante het genesende eienskappe en terapeutiese voordele en word al vir eeue gebruik om mense se gesondheid te verbeter, sê Bradley Hein, ’n naturopaat van Stellenbosch.
Die olies wat ons koop en…
