EERS MORNÉ, NOU FABIAN
Die 23-jarige Kapenaar is die skobbejak in byna elke reeks waarin hy is. In Arendsvlei was hy die deurmekaar skoolkind Morné Jonker. Dié rol was sy groot deurbraak.
“Dis hoe mense my vandag nog ken,” sê die akteur. “Morné was ’n baie uitdagende karakter vir my omdat hy ’n sosiopaat is. Dis ’n baie diep en donker karakter, maar sover my favourite karakter wat ek al gespeel het.”
En nou speel hy weer die slegte ou, Fabian, in die nuwe telenovelle, Skemergrond, op kykNET & kie.
“Ek hou van die bad guy speel, want ek voel ek’s ’n good guy. Ek speel die teenoorgestelde van my, en dis baie fun,” sê hy.
GOED IN DIE SLEGTE ROLLE
Op TV is nie die enigste plek waar hy…