Poeksie Woeksie se Worsie Wapsie is nog baie lief vir hom!
Nog nooit was daar ’n meer onvergeetlike sinnetjie in Afrikaans nie. Dit het só goed gewerk om ’n komiese karakter in sy menslik innigste en privaatste intimiteit kleur te gee.
Maar, vaderland, is dit cringe! Soos te veel uitroeptekens.
Pienkvoet, hondekind, dogtertjiepop, liefies, my duifie, oumensies, dametjies … Kolletjie, kolletjie, kolletjie.
Dit stuur ’n rilling in die ruggraat af waarvan min skryfwerk kan herstel. Hoekom doen ons dit?
Want dit werk één keer. Daardie eerste keer, toe dit vars, privaat, intiem en innig was.
Maar dan word dit openbaar, uitgebasuin en oorgebruik. Die leser voel asof ons ’n slaapkamergesprek afluister, en nie op ’n goeie manier nie.
Dis nie juis woorde wat ons sou gebruik sonder om ’n toon…