“Help!” gil Kattes de Wit. Hy skreeu soos ’n maer vark. Nogal komieklik, so met sy mond wyd oop, een-een-tande soos ’n weggooiklavier, en sy ogies styf toegeknyp.
“Ek het hoogtevrees!” skree ‘HELP! hy, spierwit van angs. Sy sproete lyk soos pokmerke teen die bleek wangetjies. Hy spartel so dat dit lyk of hy in die lug swem.
Die skoolboelies, Mal Koei en Vet Rot, dink dis skreeusnaaks om Kattes bo-op die naaste dwarstak van ’n melkhoutbos neer te sit. Daar is baie sulke bosse tussen die speelterrein en die onderwysers se parkeerplek.
En dan los hulle hom daar, waar hy vreesbevange aan die tak vasklou. So kom dit dan keer op keer dat ek, wat (amper ongemaklik) lank is, hom dan maar daar moet gaan afhaal. Teësinnig, want al…