1 MAMUSHI IS OOK ‘VERY DEMURE’
Die liedjie is nou al einde Junie uit, maar soos die onlangse “very demure, very mindful”-trend is Megan Thee Stallion en Yuki Chiba se “Mamushi” onvermydelik.
Dis oral. Veral die woorde: I get money, I’m a star. Star, star, star, star, star, star.
En dit lyk nie of dit enige tyd gou van die trefferlyste gaan afgly nie.
“Mamushi” se lirieke en beat is nou wel catchy, maar dis eintlik meer as net ’n liedjie.
“Met sy kragtige mengsel van kultuur, mitologie en Megan se kenmerkende styl, is ‘Mamushi’ ’n kulturele oomblik wat steeds oor die hele wêreld resoneer,” skryf Hit Channel.
Die beat op die liedjie is so aansteeklik, as jy die lirieke okane kasegu watashi wa suta, lees, hoor ’n mens dit onmiddellik.…