KARRE kom in allerlei gedaantes. Maar die meeste van die tyd as iemand van dié rygoed praat, weet jy darem so half en half wat dit behels: ’n bakwerk met deure, ’n enjinkap, kattebak, enjin, stuurwiel, ratkas, al daai dinge.
Maar wat jy in Sudhakar Kanyaboyina se werkswinkel sien, laat jou heeltemal anders dink oor die vorms waarin ’n kar alles kan kom.
Hier staan nie sedige sedans of bakkies nie. Ook nie iets meer eksoties soos klassieke ou motors uit vergange se dae, renmotors of Lamborghini’s nie.
Nee, hier sien jy ’n tekkie, ’n tennisbal, ’n hamburger, ’n hoëhakskoen, selfs ’n toilet – elkeen met wiele en ’n enjin, padgereed.
Sudhakar is die ontwerper van al dié gevaartes en vertel sy doel op aarde is om aweregse karre te…