‘SY SIEN MY MAAG EN SY SAL SÊ BABA EN DIT SOEN, MAAR EK DINK NIE SY VERSTAAN REGTIG NIE’ MA MOET stilsit. Sussie kán nie.
Greteli de Swardt loer onderdeur die grimeerkunstenaar se maskaraborseltjie na haar dogtertjie.
“Kom, Alétjie, kom ons blaai deur jou dinosourusboekie,” sê sy.
Maar hierdie storie oor die grimering vir haar ma se voorbladfotosessie is vir klein Alé sommer baie vervelig. Sy’s nog nie eens twee jaar oud nie, en sy’s lus vir speel.
Sy klim op haar ma se skoot, blaai een of twee keer verby haar dinosourusse, en wriemel dan weer van Greteli se skoot af.
“Oukei, klim dan maar eers af,” sê Greteli.
Haar eersteling, net 20 maande oud, waggel ’n draai, kerm bietjie, en klouter dan weer op haar ma se…
