DAAR’S twee soorte mense. Dié wat ’n potensiële maat se ideale getal kinders, seksuele voorkeure en loopbaandoelwitte wil uitvind oor ’n onbepaalde aantal ete-afsprake, en dié wat dit in Google vra.
Damon Pourtahmaseb-Sasi (37) is laasgenoemde.
In Januarie 2022, meer as ’n jaar nadat sy vorige verhouding op die rotse geloop het, het Damon, ’n terapeut, skrywer en digitale swerwer wat toe in Amerika gewoon het, homself op die pad na liefde gesit. In daardie stadium het hy, soos hy dit noem, deur “seisoene van groei” gegaan. Dié seisoene is geïnspireer deur die opvoedkundige YouTuber CGP Grey en gaan daaroor dat jy jou jaar in driemaandeperiodes (of seisoene) verdeel, wat elkeen ’n ander doelwit of groeifase verteenwoordig.
Damon was reeds deur sy seisoene van rykdom, gesondheid, voltooiing en estetika, en…