WONDER jy wat die verskil is tussen droë en gedehidreerde vel? Al word dit dikwels deurmekaar gebruik, is dit verskillend, sê dr. Bhavna Singh, ’n dermatoloog en stigter van Beyond Skin in Umhlanga, KwaZulu-Natal.
Al lyk die simptome baiekeer dieselfde, het elkeen sy eie soort velversorging nodig om jou vel se beskermende laag gesond te hou. “Albei kan jou vel droog, grof, skilferig, styf of jeukerig laat voel. Maar gedehidreerde vel kan voorkom by mense met ’n olierige vel,” sê sy. Ander tekens van gedehidreerde vel is ’n dowwe voorkoms en sigbare fyn lyntjies.
“Droë vel is gewoonlik iets waarmee jy gebore is, maar faktore soos koue of droë weer, warm storte, harde velsorgprodukte en natuurlike veroudering kan albei toestande vererger.”
WAT’S DIE VERSKIL?
Droë vel is ’n velsoort waar…