STUUR OORSPRONKLIKE GRAPPIES NA GRAPPIES@HUISGENOOT.COM. JY KRY R50 VIR ELKEEN WAT ONS GEBRUIK. SLUIT JOU NAAM EN KONTAK BESONDERHEDE IN.
TAALWYS
Die onderwyseres verduidelik aan die klas: “Abstrak beteken iets waaraan jy kan dink, maar nie kan raak nie. Manie, kan jy my ’n voorbeeld gee?”
“Ja, Juffrou, ons bure se dogter.”
San Marchand
BERESE
Die ou sit op die trein en spog oor al sy reise.
“Sjoe, jy was al op so baie plekke! Jy ken geografie seker baie goed,” sê iemand anders in die kompartement.
“Nee,” sê die eerste ou, “dis nou een plek waar ek nog nooit was nie.”
San Marchand
OEFENTOERUSTING
“Die dokter het gesê ek en my vrou het meer oefening nodig, toe koop ek vir my ’n stel gholfstokke,” sê Piet.
“En wat het…