’NKLOMPIE kinders baljaar lustig in ’n speelparkie, min gepla oor die hope bourommel om hulle. Maar toe hulle ’n man met ’n welige haredos aan die oorkant van die straat opmerk, gaan staan hulle botstil en gaap hom verwonderd aan.
“Is daai nie die man van die flieks nie?” vra een. “Nee, man, hy’s op die TV,” merk ’n ander laaitie op.
Reginald Hufkie, ook bekend as die sanger Reggie Peace, het al in TV-reekse soos 7de Laan, Huis Lelieveld, Desert Rose, Swartwater, Generations en Poena verskyn, asook in die bekroonde kortfliek Cowboy Dan en in Vlamme, die fliek waarvan hy ook die draaiboek geskryf het.
Vandag het hy teruggekom na Schauderville in Gqeberha, na die verwaarloosde huis waar hy in ’n “hokkie” in die agterplaas grootgeword het.
“Ek het…
