JENNIFER ANISTON is steeds in die sewende hemel oor haar nuwe kêrel, JIM CURTIS. Onlangs, op Jim se 50ste verjaardag, het Jennifer (56) ’n foto geplaas waarop sy hom op ’n partytjie omhels. By die foto het sy “Cherished” geskryf, wat gekoester beteken.
Jim, ’n welstandafrigter en motiveringspreker, het ook foto’s van die partytjie geplaas, insluitend ’n paar van hom en sy meisie. “As dit ’n droom is, wil ek nie wakker word nie,” het hy in sy byskrif gesê.
Die twee is in Julie die eerste keer in dieselfde asem genoem toe Jim op ’n vakansie by Jennifer en van haar vriende op die Spaanse eiland Majorka aangesluit het. Ná die vakansie het Jim, wat sukkel met ’n chroniese siekte wat met sy ruggraat te doen het, in sy…
