SY’S net ’n doodgewone, soet Katolieke meisie, sê sy altyd. “Ek’s baie square!”
Nottendêm, seg haar rockdissipels soos Joan Jett, Chrissie Hynde en Debbie Harry.
Wanneer sy in daai swart leerklere die baskitaar laat brul, is sy die godin van badass. As tiener had Joan selfs ’n plakkaat van haar teen haar kamermuur.
So wie is die ware Susan Kay Quatro, vra jy?
Suzi is op 3 Junie 1950 in Detroit gebore. Haar ma, Helen, was ’n streng en toegewyde Katoliek. Haar pa, Art, ’n ingenieur en jazzmusikant. “Ons was vyf kinders en nege pleegkinders. Die een wat die hardste kon skreeu, is gehoor . . . En kon ek vir jou skreeu!”
Haar ma had die ysere hand, haar pa was altyd beskermend: “Hy’t nie daarvan gehou dat ons…
