SATURNUS en Neptunus draai terug na die Ram (14 en 27 Januarie), wat beteken daar kom sterk politieke leiers na vore en sommige godsdienstige instellings gaan verander.
Uranus draai terug na die Tweeling (van 26 April tot 2033) – dit bring opwindende tegnologiese vooruitgang, veral in massamedia, kommunikasie, onderwys, elektronika, karre en rekenaars. Dan spring Jupiter in Leeu (1 Julie tot Julie 2027) – goeie nuus vir Leeus, die vermaakbedryf, kreatiewe projekte en selfs goudpryse.
Die moeilike tyd is van 24 Oktober tot 14 November, wanneer Mercurius en Venus agteruitbeweeg. Nie die beste tyd vir trou, huis koop, ’n onderneming begin of op ’n duur vakansie gaan nie.
Die gelukkigste dae is 22 en 23 Februarie, wanneer Venus en Jupiter liefde en vriendskap seën. En 31 Augustus tot 1 September,…