The doll factory-Elizabeth Macneal (Picador, R306)
Dit is die jaar 1850. Terwyl Iris, ’n jong vrou met drome om ’n kunstenaar te word, kyk hoe die perseel van The Great Exhibition in Hyde Park, Londen, opgerig word, ontmoet sy vir Silas, ’n taksidermis. Sy vergeet dié blitsontmoeting byna dadelik, maar vir hom wat eiesoortige mooi goed versamel, is dit ’n lewensveranderende oomblik. Wanneer Iris gevra word om model te speel vir die pre-Rafaelitiese kunstenaar Louis Frost, stem sy in op voorwaarde dat hy haar leer skilder. Só word haar wêreld ’n ál groter plek waar vryheid en kuns koning kraai. Maar vir Silas word sy ’n obsessie wat selfs groter is as sy droom om aan die tentoonstelling deel te neem. ’n Boeiende storie oor drome, passie en deursettingsvermoë wat…
