MESO-FAKTORE IN ’N POTJIE
Baie van ons se ore spits as ons hoor ’n produk is gerig op vroue bo 50. Filorga het pas hulle eerste produkte om verouder(en)de vel te behandel bekend gestel. Die Global-Repairreeks is geformuleer om al die probleme wat met veroudering vereenselwig word, aan te roer: dehidrasie, plooie, ’n verlies aan fermheid en volume, donker vlekke en futloosheid. Daar is ’n serum en ’n room sover wat soggens en saans gebruik kan word. Die formule sluit 50 faktore in wat in mesoterapie gebruik word (vitamiene, antioksidante, koënsieme), supervoedingstowwe (omegasure, seramied) en sellulêre opkikkers (hialuronsuur, kollageen, niasinamied), asook retinol. Die serum, Global-Repair Intensive (R1 395), en room, Global-Repair Cream (R1 395), kan ook as maskers gebruik word.
BORRELS IN ’N BLIK
Chateau Del Rei is ’n nuwe…
