LOS STOELOORTREKSEL
Niks nooi jou hartliker om te kom sit as ’n groot, sagte leunstoel nie. Ons het ons oortreksel oor die stoel getrek met die rafelrande aan die buitekant om tekstuur te gee, maar jy kan dit ook met die nate na binne oortrek.
MOEILIKHEIDSGRAAD: gevorderd TYD: ’n dag
Gebruik ’n ou laken of ander goedkoop materiaal, of doodgewoon papier, om eers ’n proefoortreksel te maak. Plaas dit op die stoel, pas dit oor die verskillende dele en knip dit soos jy aangaan. Speld die dele ook so aan mekaar vas. Wanneer jy tevrede is dat die oortreksel pas, gebruik die geknipte dele as jou patroon om die oortrekseldele uit stewige linne- of katoenmateriaal te knip en aan mekaar te stik.
Stoeloortreksel deur Terena le Roux
BÊRESAK
Hou al…
