VOORBEREIDING EN BASIESE TEGNIEK
⁕ Maak jouself gemaklik. Sit regop op ’n stoel met ’n kussing ter ondersteuning of lê op die vloer. ⁕ Maak jou oë toe. ⁕ Laat sak jou oë dieper in jou oogkaste, asof jy afkyk. ⁕ Maak seker jy is heeltemal gemaklik in jou posisie. ⁕ Rol of trek jou skouers na agter. ⁕ Raak bewus van: kalmte, balans, gemak, stilte, vrede. As jou gedagtes dwaal, bring dit sagkens terug na: kalmte, balans, gemak, stilte, vrede. ⁕ Raak nou bewus van jou natuurlike asemhalingsritme. Moenie die asem forseer of uitdruk nie, let net op hoe jy asemhaal. ⁕ Plaas jou een hand op jou maag en die ander een op jou borskas. ⁕ Adem in deur jou neus en uit deur jou mond. ⁕ Voel…