Navorsers noem blou sones die agtste wêreld-wonder.
Daar is vyf van hulle ‒ hierdie wonderbaarlike streke op die aardbol waar mense volgens statistieke die langste leef: die eiland Sardinië in Italië, die Okinawa-eilande van Japan, die Nicoya-skiereiland in Costa Rica, die eiland Ikaria in Griekeland, en Loma Linda, Kalifornië, VSA.
Al hierdie streke is relatief warm dwarsdeur die jaar, taamlik klein en afgeleë, en naby die see.
Maar afgesien van ligging, lê die geheim van langlewendheid ‒ waar mense minstens 90 jaar en dikwels ouer as 100 word (met ’n merkwaardig lae voorkoms van kanker, hartsiekte en demensie) ‒ in ’n veel meer omvattende, holistiese resep. Dit sluit in matigheid, vreedsame naasbestaan en volhoubare goeie gewoontes.
Volgens die skrywer en avonturier Dan Buettner, wat die blou sones eerste geïdentifiseer het…
