Lockdown beteken daar is nie baie geleentheid vir loop nie en terwyl soveel meer mense op die oomblik van die huis af werk en vir lang tye aaneen sit, kan dit probleme veroorsaak.
Volgens die Wêreldgesondheidsorga-nisasie is ’n tekort aan fisieke aktiwiteit die vierde grootste risiko-faktor vir sterfte en veroorsaak dit wêreldwyd 6% van alle sterftes, 22% van alle hartsiektes, 22% van alle kolonkanker en 12% van alle diabetes en hoë bloeddruk.
Selfs ’n kenner op die gebied van sit, dr. Sjan-Marie Brown, ’n navorser vir die Universiteit van Stellenbosch se departement van gesondheids- en rehabilitasiewetenskappe, erken sy bring tans te veel tyd in haar stoel deur.“Ek sit al hoe langer, want ek probeer om meer gedoen te kry terwyl ek kan, voor my kinders my sien en aandring op…
