As jy gedink het die eerste seisoen hou jou pal op die randjie van jou stoel, moenie dink die tweede seisoen van M-Net se bekroonde telenovela, Legacy, gaan ’n katjie sonder kloue wees nie. Dié gewilde reeks is terug met ’n knal, en amper soos ’n Dallas op eie bodem, gaan die super-ryk Price-familie se sage voort, natuurlik met ’n hele paar nuwe kinkels in die kabels. Die eerste seisoen het gedraai om die magstryd rondom patriarg Sebastian Price se sakeryk, Legacy Investments,enwie dit gaan oorneem – kompleet met donker geheime, leuens, als saamgeboender in ’n drukpot vol wraak en verraad.
Die tweede seisoen beloof selfs nóg meer drama, afguns en what you have, sê Iain Paton, die reeks se inhoudsredakteur.“Daar wag meer korporatieweskelmstreke,manipulasie en drome wat aan skerwe lê.”Maar,…
