Internasionaal: Die gemiddelde prys van mielies het met 1,8%, oftewel $2,64/t (R31,82/t), gedaal tot $147,47/t (R1 778/t). Op ’n jaargrondslag is dit 25,2%, oftewel $49,61/t (R598/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $148,26/t (R1 787/t), Julie – $150,86/t (R1 818/t), September – $153,77/t (R1 854/t), Desember – $157,47/t (R1 898/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,9%, oftewel R48/t, gedaal tot R2 543/t. Geel mielies het met 0,2%, oftewel R5/t, gestyg tot R2 385/t. Op ’n jaargrondslag is dit 19,1%, oftewel R602/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 10%, oftewel R265/t, laer is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 4,3%, oftewel $8,26/t (R99,57/t), gedaal tot $184,49/t (R2 224/t). Op ’n jaargrondslag is dit 26,4%, oftewel $66,13/t (R797,13/t), laer. Verwagte…
