KLEIN PERDJIE, GROOT PRYS
DiehingsRoyalOaksPlatinumPleasurevandieStilgewacht-MiniatuurperdstoeteryopBethlehemhet’nrekordbedragvanR240 000gehaalby StilgewachtseonlangseSAMiniatuurperd-produksieveiling.Linksisdie kopers, mnr.Andréenmev.EvievanDykvanNaboomspruit.Byhulle ismnr.LukasKleynhans(naasregs),afslaervanVleissentraal,enmnr. AbrieBeukes,dieverkoper.Dieduurstemerrieopdieveiling,Stilgewacht JabulaniVelvet,ookvanStilgewachtsestoetery,isvirR55 000aanmnr. CobusHumanvandieKwaMazi-stoeteryverkoop.
MONSTERKONTRAK
’n Kontrak vir die voorsiening van 800 000 ton mielies per jaar is laas week tussen die pluimveeprodusent Astral, Suid-Afrika se grootste enkele aankoper van mielies, en TradeVantage van Senwes aangegaan. Dit is die grootste enkele mieliekontrak in Suider-Afrika en behels die verskaffing van mielies oor twee jaar aan Meadow Voere, Astral se voerafdeling, se afsetpunte in Ladismith, Port Elizabeth, Pietermaritzburg, Standerton, Delmas en Randfontein.
VSA-MIELIES LAND
Suid-Afrika het pas sy eerste vrag ingevoerde wit mielies vir die nuwe bemarkingsjaar wat op 1 Mei begin het, uit Amerika ontvang. Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens berig sowat 22 260 ton is in die week wat op 20 Mei geëindig het, in Durban afgelaai, asook 28 425 ton geel…