INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 0,3%, of $0,48/t (R6,42/t), tot $141,07/t (R1 886/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 0,6%, of $0,82/t(R10,96/t), hoër. Verwagte pryse: Februarie –$141,10/t (R1 929/t), Maart – $143,85/t (R1 966/t), April – $146,61/t (R2 004/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 2%, of R70/t, tot R3 630/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 2,1%, of R69/t, tot R3 259/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 26,9%, of R1 335/t, laer, terwyl geel mielies 18,5%, of R741/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Februarie – R3 664/t, Maart – R3 562/t, April – R3 149/t, Mei – R2 450/t. Verwagte geelmieliepryse: Februarie – R3 268/t, Maart – R3 172/t, April – R2 965/t.
INTERNASIONAAL: Die koringprys…