INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 1,8%, of $2,68/t (R34,91/t), tot $145,03/t (R1 889/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 1,8%, of $2,54/t (R33,09/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $143,14/t (R1 865/t), April – $146,06/t (R1 903/t), Mei – $148,97/t (R1 940/t), Julie – $151,57/t (R1 974/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 1,8%, of R54/t, tot R2 886/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 0,4%, of R10/t, tot R2 795/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies se prys 42,1%, of R2 099/t, laer, terwyl geel mielies 17,9%, of R611/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R2 886/t, April – R2 450/t, Mei – R2 030/t, Julie – R1 946/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R2 795/t, April –…
