INTERNASIONAAL: Die prys van mielies het met 1,5%, of $2,18/t, tot $140,60/t (R1 823/t) teenoor die vorige jaar gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 2,3%, of $3,27/t (R42,40/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $144,56/t (R1 874/t), Julie – $147,47/t (R1 912/t), September – $150,54/t (R1 952/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 12,6%, of R220/t, tot R1 970/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 10,7%, of R198/t, tot R2 050/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 57,5%, of R2 663/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 32,4%, of R984/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R1 950/t, Julie – R1 945/t, September – R1 996/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R2 050/t, Julie – R2 049/t, September –…
