INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,7%, of $0,97/t, tot $149,88/t (R1 912/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 11,2%, of $18,88/t, laer. Verwagte pryse: Julie – $149,21/t (R1 903/t), September – $152,36/t (R1 943/t), Desember – $156,29/t (R1 993/t), Maart – $159,99/t (R2 041/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1,5% tot R1 743/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,8% tot R1 863/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 64,5%, of R3 169/t, laer, terwyl geel mielies 51,1%, of R1 944/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Julie – R1 757/t, September – R1 814/t, Desember – R1 884/t, Maart – R1 919/t. Verwagte geelmieliepryse: Julie – R1 880/t, September – R1 928/t, Desember – R2 009/t, Maart…