INTERNASIONAAL: Die prys op die Chicago-graanbeurs het met 1% tot $147,41/t (R1 919/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 12,2%, of $16,02/t, hoër. Verwagte pryse: Aug. – $145,27/t (R1 891/t), Sept. – $150,78/t (R1 963/t), Des. – $155,35/t (R2 023/t), Mrt. – $157,47/t (R2 050/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1,5%, of R27/t, tot R1 811/t teenoor die vorige week gedaal. Geel mielies se prys het met 1,7%, of R33/t, tot R1 919/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 56,9%, of R2 394/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 40,1%, of R1 287/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Aug. – R1 811/t, Sept. – R1 850/t, Des. – R1 923/t, Mrt. – R1 970/t. Verwagte geelmieliepryse: Aug. – R1…