INTERNASIONAAL: Die mielieprys op Chicago het met 2%, of $2,88/t, tot $144,53/t (R1 921/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 12,5%, of $16,03/t, hoër. Verwagte pryse: Sept. – $145,11/t (R1 929/t), Okt. – $150,78/t (R2 004/t), Des. – $155,35/t (R2 065/t), Mrt. – $157,63/t (R2 095/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 0,5%, of R9/t, tot R1 820/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 0,5%, of R9/t, tot R1 928/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 55,4%, of R2 265/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 38%, of R1 182/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R1 857/t, Okt. – R1 861/t, Des. – R1 936/t, Mrt. – R1 981/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept.…