INTERNASIONAAL: Die mielieprys op die Chicago-graanbeurs het met 2,9%, of $4,24/t, tot $140,25/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 8,7%, of $11,26/t, hoër. Verwagte pryse: Sept. – $137,47/t (R1 821/t), Okt. – $142,99/t (R1 894/t), Des. – $147,71/t (R1 956/t), Mrt. – $150,23/t (R1 990/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,4%, of R45/t, tot R1 815/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,7%, of R34/t, tot R1 946/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 57,9%, of R2 499/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 38,6%, of R1 224/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R1 834/t, Okt. – R1 851/t, Des. – R1 913/t, Mrt. – R1 955/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. –…