INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,8%, of $3,95/t, tot $136,29/t (R1 793/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 5,1%, of $6,64/t (R87,34/t), hoër. Verwagte pryse: Okt. – $133,22/t (R1 752/t), Des. – $138,97/t (R1 828/t), Mrt. – $144,09/t (R1 895/t), Mei – $147,24/t (R1 937/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 0,6%, of R10/t, tot R1 805/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies was onveranderd. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 57,3%, of R2 420/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 38,6%, of R1 222/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Okt. – R1 848/t, Des. – R1 896/t, Mrt. – R1 951/t, Mei – R1 984/t. Verwagte geelmieliepryse: Okt. – R1 990/t, Des. – R2 024/t, Mrt.…
