INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3%, of $4,05/t (R52,54/t), tot $132,25/t (R1 716/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 8,6%, of $10,46/t (R135,71/t), hoër. Verwagte pryse: Okt. – $133,85/t (R1 737/t), Des. – $139,84/t (R1 814/t), Mrt. – $144,72/t (R1 878/t), Mei – $147,71/t (R1 916/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 0,1%, of R2/t, tot R1 807/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 1,1%, of R21/t, tot R1 925/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 56,1%, of R2 313/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 40,7%, of R1 322/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Okt. – R1 823/t, Des. – R1 891/t, Mrt. – R1 936/t, Mei – R1 990/t. Verwagte geelmieliepryse: Okt.…
