FYN(PROEWER)WOL
Twee jong Vrystaatse Merinoboere meen die beste manier om skoon, stofvrye wol te skeer is om dit sommer in ’n restaurant te doen. Mnre. Diederik Vermeulen van die plaas Vrede, Philipstown, en Eduard Prinsloo van Heuningkrans, Smithfield, huur weiveld van die gasteplaas De Oude Kraal buite Bloemfontein. Hulle beoog om binnekort te begin skape skeer, terwyl gaste aansit vir ’n gourmet-ete. Mnr. Gerhard Lombard, eienaar van De Oude Kraal, sê sy dogter,
Helen-Joan, het ook al in die onthaalsaal skape geskeer en die vertrek het immers ’n skuur-tema. Die groep wat die “wit goud” van die skape inspekteer, is, van links, mev. Erika Bezuidenhout van BKB, wat die skeerspan voorsien, en mnre. Diederik Vermeulen, Lucky Lebitsa en Eduard Prinsloo. Die wolhanteerder met sy rug na die kamera is mnr.…