INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,4%, of $0,52/t, tot $138,56/t (R1 714/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 1,4%, of $2,03/t (R25,11/t), laer. Verwagte pryse: Mrt. – $138,26/t (R1 710/t), Mei – $141,49/t (R1 750/t), Jul. – $144,64/t (R1 789/t), Sept. – $147,63/t (R1 826/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 8,7%, of R163/t, tot R2 034/t teenoor die vorige week gestyg, terwyl die prys van geel mielies met 4,4%, of R86/t, tot R2 020/t gestyg het. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 42,9%, of R1 526/t, laer, terwyl geel mielies 39,3%, of R1 308/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R2 066/t, Mei – R2 130/t, Jul. – R2 168/t, Sept. – R2 230/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R2 055/t, Mei – R2…