INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,9%, of $1,30/t (R16,15/t), tot $137,26/t (R1 705/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 2,7%, of $3,81/t (R47,32/t), laer. Verwagte pryse: Mrt. – $136,29/t (R1 693/t), Mei – $139,60/t (R1 734/t), Jul. – $142,75/t (R1 773/t), Sept. – $145,90/t (R1 812/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 0,4%, of R9/t, tot R2 028/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 0,1%, of R3/t, tot R2 017/t gedaal. Op ‘n jaargrondslag is wit mielies 44,1%, of R1 602/t, goedkoper, terwyl geel mielies 38,1%, of R1 242/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R2 064/t, Mei – R2 115/t, Jul. – R2 164/t, Sept. – R2 213/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R2 048/t, Mei – R2…