INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,7%, of $2,43/t (R29,01/t), tot $141,68/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 0,9%, of $1,24/t, laer. Verwagte pryse: Mrt. – $140,70/t (R1 680/t), Mei – $143,85/t (R1 718/t), Jul. – $146,92/t (R1 754/t), Sept. – $149,68/t (R1 787/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,7%, of R50/t, tot R1 805/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,8%, of R34/t, tot R1 902/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 39,4%, of R1 175/t, laer, terwyl die prys van geel mielies 35,5%, of R1 049/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R1 821/t, Mei – R1 874/t, Jul. – R1 924/t, Sept. – R1 983/t. Verwagte geelmieliepryse:…