INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4%, of $2,03/t, tot $146,29/t (R1 728/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 1%, of $1,50/t (R17,72/t), hoër. Verwagte pryse: Apr. – $148,18/t (R1 750/t), Mei – $151,41/t (R1 788/t), Jul. – $154,32/t (R1 823/t), Sept. – $156,37/t (R1 847/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4,6%, of R81/t, tot R1 853/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 3%, of R56/t, tot R1 932/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 21,2%, of R498/t, goedkoper, terwyl geel mielies 16%, of R368/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: April – R1 884/t, Mei – R1 915/t, Julie – R1 957/t, September – R2 002/t. Verwagte geelmieliepryse: April – R1 964/t, Mei –…