Die Chicagoprys het met 0,02%, of $0,03/t (R0,37/t), tot $155,62/t (R1 941/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 9,7%, of $13,73/t (R171,28/t), hoër. Verwagte pryse: Jun. – $152,91/t (R1 908/t), Jul. – $155,58/t (R1 941/t), Sept. – $158,81/t (R1 981/t), Des. – $162,59/t (R2 028/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 2,4%, of R50/t, tot R2 045/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 2,4%, of R52/t, tot R2 145/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 9,1%, of R171/t, hoër, terwyl geel mielies 9,5%, of R186/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Junie – R2 082/t, Julie – R2 085/t, September – R2 144/t, Desember – R2 221/t. Verwagte geelmieliepryse: Junie – R2 214/t, Julie – R2 187/t, September –…
