BELEIDSTEKORTKOMINGE moet grootliks die skuld kry vir die persepsie dat vooruitgang met grondhervorming teen ’n slakkepas geskied het, sê mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbousakekamer Agbiz, en prof. Johann Kirsten, direkteur van die buro vir ekonomiese navorsing aan die Universiteit Stellenbosch.
In ’n oorsig oor die proses se verloop sê hulle lesse wat te leer was uit internasionale ondervinding, het getoon grondhervorming moet teen ’n vinnige pas geskied om te verhoed dat burokrasie, sentralisering van die proses en regsprobleme dit skipbreuk laat ly.
Die herverdeling van grond is nie al wat nodig is vir ekonomiese bemagtiging en armoedeverligting nie. Aspekte, soos infrastruktuur, markte, maatskaplike dienste en ander elemente, is deel van die ontwikkelingsprogram.
Sihlobo en Kirsten sê daar word verkeerdelik beweer die markgerigte benadering (van 1996 tot 2006) was…