INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 4,6%, of $7,21/t (R92,45/t), tot $150,21/t (R1 926/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 0,9%, of $1,31/t (R16,80/t), hoër. Verwagte pryse: Julie – $148,42/t (R1 903/t), September $152,04/t (R1 950/t), Desember – $156,45/t (R2 006/t), Maart 2019 – $159,91/t (R2 050/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1,9% tot R2 086/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 1,8% tot R2 178/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 17,9%, of R316/t, hoër, terwyl geel mielies 14,8%, of R281/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R2 094/t, Sept. – R2 152/t, Des. – R2 230/t, Mrt. 2019 – R2 275/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R2 204/t, Sept.…