INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,7%, of $0,93/t (R12,42/t), tot $134,20/t (R1 806/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 10,5%, of $15,65/t(R209,04/t), laer. Verwagte pryse: Jul. – $133,54/t (R1 784/t), Sept. – $138,73/t (R1 853/t), Des. – $143,46/t (R1 916/t), Mrt. 2019 – $146,21/t (R1 953/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 1,7%, of R34/t, tot R1 976/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 2,5%, of R52/t, tot R2 048/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 9,5%, of R172/t, hoër, terwyl geel mielies 6,7%, of R128/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Jul. – R1 993/t, Sept. – R2 025/t, Des. – R2 088/t, Mrt. 2019 – R2 141/t. Verwagte geelmieliepryse: Jul. – R2 075/t, Sept. – R2 107/t,…
